Wanneer Johan Niemand vir militêre diens opgeroep word, oudisie hy vir die Suid-Afrikaanse Kerkkoor en Konsertgroep, die ‘Kanaries’ en word aanvaar. In ‘n politieke landskap waar wet en godsdiens individualiteit onderdruk, moet Johan en die Kanaries militêre opleiding doen en daarna op ‘n landwye toer gaan, mense vermaak en geloof in die kerk en weermag versterk.

Op toer ontwikkel Johan gevoelens vir ‘n mede-koormaat en dit veroorsaak dat hy alles oor homself en sy wêreld bevraagteken. Hy ontmoet verskeie karakters op toer; sommige trots op die koor se pogings en ander wat hom bewus maak van die realiteit en effek van apartheid in Suid-Afrika. Namate Johan sy geloof, patriotisme en seksualiteit bevraagteken, lei sy opkomende kreatiwiteit en passie vir musiek ‘n direkte konflik met sy bevelvoerders.

FPB Classification: 16 L N P S V
Genre: Musical, War, Drama, LGBTQI
Running Time: 130
Language: Afrikaans with English subtitles
Cast: Schalk Bezuidenhout, Hannes Otto, Germandt Geldenhuys, Gérard Rudolf, Jacques Bessenger, Ludwig Binge, Francois Jacobs, De Klerk Oelofse, David Viviers, Anrico Goosen
Director: Christiaan Olwagen
Music: Charl-Johan Lingenfelder